Local sportSport

Atlete skrik nie vir vragmotors by Bethal Maratonklub se twee-in-een wedloop nie

Twee-in-een wedloop ’n groot sukses.

Bethal Marathonklub het op 27 April ’n twee-in-een wedloop en ’n 4.2km-pretloop by Laerskool Marietjie van Niekerk aangebied.

Altesaam199 deelnemers het aan die 10km deelgeneem en 193 atlete aan die 21.1km.

Hoewel vragmotors op die roete ’n probleem was, het deelneemers die wedloop geniet en het Pieter Botes en sy span bedank vir ’n puik gereëlde wedloop.

Absa Bank Bethal was die waterpuntwenners.

In die mansafdeling van die 21.1km-wedloop was Lucas Jani eerste, Graham Malinga tweede en Ndweleni Tshihase derde.

Xoli Madiba het die 21.1km-wedloop se vroue-afdeling gewen.

Natasha Malan was tweede en Lou-ann Smit derde.

Unice Nhlapo het ’n eerste plek behaal in die vroue-afdeling van die 10km-wedloop.

Wendy Msezane was tweede en Wilma Snyman derde.

Mandla Nkabinde het ’n eersteplek in die mans se 10km-wedloop behaal en is gevolg deur Lucky Sithole in die tweede plek en Musawenkosi Nene in die derde plek.

Bethal Marathonklub se volgende wedloop vind op 9 September tydens die AC Kerk se Christenfees plaas.

Die Absa Bethalspan onder die leiding van die tak se bestuurder, mnr. Sibusiso Nkosi, is as die beste waterpunt aangewys.
Mnr. Pieter Botes (Bethal Marathonklub) oorhandig die prys aan die manswenner van die 21.1km-wedloop, Lucas Jani.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Related Articles

Back to top button