Local sportSport

Vusi en Elandi is die Bethal-gholfkampioene

Spelers spook sake uit op gholfbaan.

BETHAL – Vusi Zungu en Elandi Klopper is Saterdag 11 Maart as Bethal Gholfklub se kampioene gekroon.

Zungu het ‘n totaal van 152 houe oor 36 putjies aangeteken, terwyl Klopper 185 houe gespeel het.

Zungu was na 18 putjies met slegs een hou agter nadat VW Shabangu 76 gespeel het.

Hy het egter oor die volgende nege putjies 38 houe gespeel teenoor Shabangu se 39 en oor die laaste nege putjies het Zungu skitterende gholf gespeel deur 37 houe aan te teken teenoor Shabangu se 41.

Die volledige uitslae is soos volg: Mans A-afdeling: 1) Vusi Zungu 152, 2) VWShabangu 156.

Mans B-afdeling: 1) Bertus Nortier 161.

Beste netto vir die dag: 1) Janu Fourie 148 op ‘n uittel, 2) Speelman Sindane 148.

Vroue A-afdeling: Elandi Klopper 185.

Beste netto vir die dag: Janet van Tonder 166.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button