Local sportSport

Dekalb se sewesspan vee die vloer met teenstanders

Die span se aanval en verdediging was uit die boonste rakke.

Standerton DeKalb Rugbyklub se sewesspan het die “Bowl”-trofee huis toe gebring.

Die rugbyspan het op 18 Februarie aan die Puma Sewes in Mbombela (Nelspruit) deelgeneem.

Die span se aanval en verdediging was uit die boonste rakke en daardeur kon hulle Sasol 2 met ’n telling van 28 – 5 klop.

Die seweswedstryde is agter die rug en die 15-manrugbyspan se eerste wedstryd sal op 25 Februarie teen die Rooikatte van Malelane op hulle tuisveld wees.

Die stryd tussen Newcastle en Standerton sal op 14 Maart op Piet Retief uitgespook word.

Oefentye is Dinsdae en Donderdae om 6nm by Vaalrivierskool.

Belangstellendes kan mnr. Ben Vorster by 083 650 3465 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button