School sportSport

EHS wen prestigebyeenkoms oortuigend

Die EHS-atlete het duidelik bo die ander skole uitgestaan en is as wenners vir die dag gekroon.

Hoërskole Ermelo, Lydenburg, Volsrust en Oosterland het die naweek in die Prestige Atletiekbyeenkoms op die Erries se tuisveld teen mekaar meegeding.
Die EHS-atlete het duidelik bo die ander skole uitgestaan en is as wenners vir die dag gekroon.
Kelly-Ann Bourné is aangewys as die Senior Victrix Ludorm en ontvang die prys vir beste naellope, senior dogter. Hardus Rothmann is weereens aangewys as Junior Victor Ludorm en stap weg met pryse vir beste naellope en beste worpe in die junior seun afdeling.Ander atlete wat spesiale toekennings ontvang het is: Zuzu Mabuza (beste spronge, junior seun), Charis Brundyn (beste middel-en langafstand, junior seun), Ernst de Waal (beste worpe, senior seun, Lana Herholdt (beste spronge en beste naellope, junior dogter), Jana Nel (beste middel- en langafstand, junior dogter), Amy Greyling (beste worpe, junior dogter), Lydia Landman (beste hekkies, senior dogter) en Berné de Kock (beste spronge, senior dogter).

Related Articles

Back to top button