Local sportSport

Rolbalklub kry eie drag

Die president, André de Bruto, en sy vrou, Annatjie (kompetisiesekretaresse), het dit vinnig gereël en die span het Saterdag daarmee aan Sasol Secunda se borgdag deelgeneem.

Standerton Rolbalklub het uiteindelik hul eie rolbaldrag gekry.

Die president, André de Bruto, en sy vrou, Annatjie (kompetisiesekretaresse), het dit vinnig gereël en die span het Saterdag daarmee aan Sasol Secunda se borgdag deelgeneem.

Hulle het dadelik aandag getrek en baie komplimente gekry.

André en Annatjie de Bruto, Elrina Greaves en Colin Munro op 28 Januarie by 'n kompetisie op Secunda.
André en Annatjie de Bruto, Elrina Greaves en Colin Munro op 28 Januarie by ‘n kompetisie op Secunda.

Die De Bruto’s word vir hulle inisiatief bedank.

Annatjie de Bruto is ook in die Mpumalanga Viere-span opgeneem wat eersdaags op Margate gaan deelneem.

Haar spanmaats is Anette van Ryneveld en Lanie Nel van Secunda en Vaino Prinsloo van Ermelo.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button