Akademie-atlete skitter

Drie rekords in die Turbospiesitem is deur die verloop van die dag gebreek

Standerton Akademie-atlete het stof in die oë van hul mededingers geskop.

Hulle het op 28 Januarie hulle Suidstreek-atletiekbyeenkoms by Vaalrivierskool aangebied.

Ses skole het aan die byeenkoms deelgeneem.

• CVO Amajuba Volksrust

• CVO Carolina

• CVO Ermelo

• Standerton Akademie

• Hoëveldrif Privaatskool (Bethal)

• Middelburg Privaatskool

Drie rekords in die turbospiesitem is deur die verloop van die dag verbeter, almal deur Standerton Akademie se atlete.

• Marla de Jager D0/11, afstand 18,27m.

• Johann Schoonraad S0/11, afstand 25,48m

• Machiel Griesel S0/6, afstand 8,68m

Atlete het puik presteer en 47 atlete het vir die Oos-Transvaalse byeenkoms gekwalifiseer.

Dié byeenkoms word op 18 Februarie by HTS Middelburg gehou.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version