Lourie Nel soms in die hof en soms op die bof

Dit maak nie saak of jy wen of verloor nie, dit maak saak hoe jy gespeel het.

Lourie Nel bestee sy week by ’n prokureursfirma om reg en geregtigheid te laat geskied, maar naweke sal hy gereeld op die gholfbaan opgemerk word.

Lourie (68) het sy opwagting op 6 November 1948 op Zeerust gemaak waar sy ma ’n verpleegster en ook vroedvrou was, wat die norm was in daardie tyd.

Sy pa was ’n polisieman wat deur sy werk na Standerton verplaas is toe Lourie sowat 12 twaalf jaar oud was.

Lourie het op Standerton skoolgegaan en ook gematrikuleer.

Op skool het hy in krieket uitgeblink en vir die skole en dorpspan in die destydse Suid-Oos Transvaalse Krieketspan gespeel.

Hy het regte aan Tukkies gaan studeer en daar sy sportaktiwiteit voortgesit deur in die somermaande krieket te speel en in die wintermaande sokker.

Lourie was deel van die sokkerspan wat deur Namibië getoer het.

“Namibië was toe nog meestal Duitsers,” het Lourie met ’n nostalgiese glimlag gesê.

Hy het in 1971 graadgevang en sy eerste werk by ’n regsfirma in Johannesburg begin, maar het in 1972 teruggekeer na Standerton waar hy begin werk het by Fisher & van den Berg Prokureurs en later word hy vennoot van die firma voordat dit Langeveldt & Nel Prokureurs geword het, soos dit vandag nog bekendstaan.

Dis ook gedurende daardie jaar wat Lourie vir Bakkies Theron ontmoet het.

“Bakkies was ’n legendariese man.

“Hy’t my genooi om te begin gholf speel en ook die tyd geneem om my af te rig.

Bakkies Theron se gedenkplaat op die Standerton Gholfbaan.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version