Local sportSport

Secunda-rolbalspelers seëvier

Die vroue opewenner is Annatjie de Bruto en Annette van Ryneveld het tweede gekom.

SECUNDA – Die Hoëveld Rolbalenkelkompetisie is die die afgelope twee naweek op Secunda gehou.

Die Sasol Secunda Rolbalklub het die kompetisie aangebied en rolbalspelers van Ermelo en Standerton af het deelgeneem.

Die vroue het op 1 en 2 Oktober gespeel en elke vrou het verskeie wedstryde gespeel om op die ou einde vas te stel wie die Hoëveldse vrouekampioen is.

Sasol Secunda Rolbalklub het goed presteer.

Die vroue opewenner is Annatjie de Bruto en Annette van Ryneveld het tweede gekom.

Albei is lede van die Sasol Secunda Rolbalklub.

Elrina Greaves is die senior vrouewenner en Rina Gibbart was tweede.

Die mans het op 8 en 9 Oktober bymekaar gekom vir hul kompetisie en dit is ook by Sasol Secunda Rolbalklub aangebied.

Piet van Aswegen van Secunda is die Hoëveld seniors manswenner en Lanie Nel is die Hoëveld ope manskampioen.

Gustav Kruger, ook van die Sasol Secunda Rolbalklub was tweede.

Die Mpumalanga-uitspele vind op 29 en 30 Oktober op Groblersdal en in Middelburg plaas.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button