Eric en Christa wen Bethal se Tarentaal Gholftoernooi

Jaarlikse Tarentaal Gholftoernooi kom tot 'n einde

BETHAL – Eric Nkosi met 83 punte en Christa Venter met 71 punte is Saterdag aangewys as die algehele wenners van Bethal Gholfklub se jaarlikse Tarentaal Gholftoernooi.

Dié toernooi het vanaf verlede Woensdag tot Saterdag geduur.

Die volledige uitslae van die daaglikse kompetisies is soos volg:

Woensdag vroue-kompetisie: 1) Martie Bekker 41 punte, 2) Christa Venter 38 punte, 3) Christa Prinsloo 36 punte, 4) Elandi Klopper 33 punte, 5) Janet van Tonder 30 punte.

Elandi Klopper het die prys verower vir die naaste aan die pen op die 6de en 15de putjies, terwyl Anelia Venter die langste dryf op die 7de en 16de putjies behaal het.

In die mansafdeling het die volgende spelers pryse verower: 1) Nicholas Mahlangu 40 punte, 2) Steven Majola 40 punte, 3) Mandla Madonsela 40 punte, 4) Fransois Berry 39 punte, 5) Nico van Vuuren 39 punte en 6) Sipho Skhosana 39 punte.

Thinus Marais het die prys ontvang vir die naaste aan die pen op die 2de en 11de putjies, terwyl hy ook die langste dryf op die 5de en 14de putjies behaal het.

Donderdag se uitslae is soos volg: 1) Nico van Vuuren 40 punte, 2) N. Mahlangu 39, 3) Eric Nkosi 38 punte, 4) Henri van Vuuren 38 punte en 5) Mandla Madonsela 38 punte.

Clinton Paine het die prys ontvang vir die beste gross van die dag, terwyl Johan Strydom die prys vir die naaste aan die pen op die 2de en 11de putjies behaal het.

Mandla Madonsela het die langste dryf op die 3de en 12de putjies geslaan.

Vrydag se uitslae is soos volg: 1) Eric Nkosi 45 punte, 2) Steven Majola 40 punte, 3) J. Gesi 39 punte, 4) Fransois Berry 39 punte, 5) Nico van Vuuren 38 punte, 6) Sipho Skhosana 38 punte en 7) G. Proudfoot 38 punte.

Vusi Zungu het die prys ontvang vir die beste gross van die dag, terwyl Charles Bodenstein die prys ontvang het vir die naaste aan die pen op die 2de en 11de putjies.

Eric Nkosi het die langste dryf geslaan op die 3de en 12 putjies.

Die wenners van Saterdag se kompetisie is soos volg: 1) Bertus Nortier 42 punte, 2) Frik Lombard 42 punte, 3) FC Sibeko 41 punte, 4) Koos Buys 38 punte, 5) Frederick Lombard 38 punte, 6) Mandla Madonsela 37 punte en 7) Bheki Nkosi 37 punte.

Gert van der Merwe het die prys verower vir die beste gross van die dag, terwyl Bushy Snyman die langste dryf op die 7de en 16de putjies geslaan het.

Sipho Skhosana het die prys gewen vir die naaste aan die pen op die 6de en 15de putjies.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version