School sportSport

0/14-Erries wen kampioenskap

Hoërskool Ermelo se 0/14-krieketspan is as Gert Sibande-kampioene gekroon.

Hoërskool Ermelo se 0/14-krieketspan is  as Gert Sibande-kampioene gekroon.

In die eindstryd verlede week het die Erries teen Hoërskool Secunda op Sasol se sportterrein te staan gekom.
Ermelo het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die openingskolwers het hulle goed van hul taak gekwyt met ‘n vennootskap van 62 lopies.

Met die val van die eerste paaltjie, het Secunda se boulers losgetrek en vier paaltjies geneem vir slegs 14 lopies.

Uitstekende beurte deur Ermelo se kaptein, Tom Slabbert, en Tristan Küsel het die momentum herstel en die Erries te staan laat kom op 170/4 in die toegelate 20 beurte.

Goeie boul- en veldwerk van die Erries het druk op Secunda geplaas en hulle kon slegs 146 lopies in hul toegelate beurte aanteken wat aan die Erries ‘n oorwinning van 24 lopies besorg het.

Tom Slabbert het in die Erries se kolfbeurt van die eerste tot die laaste bal op die kolfblad deurgebring en het 98 lopies van slegs 58 balle aangeteken.

Errie-boulers wat uitgeblink het, is Luke Bulford (1/24) en Joshua Visser (1/20).

Die span dring deur na die Mpumalanga-uitspeelwedstryde later vanjaar.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button