Tweedespan verloor 23-25 in doodsnikke

In die tweedehelfte het alle hel losgebars toe die spanne besef het dit was nou of nooit.

In ‘n wedstryd wat wipplank gery het tot die laaste minuut, was dit so hittete of Standerton het koning gekraai.

Dit was egter nie vir Standerton beskore nie en hul moes die onderspit met 23 – 25 delf.

Dié wedstryd het alles bevat wat jy van ‘n eindstryd verwag, kameraadskap, deursettingsvermoë, sportmangees en baie emosie.Standerton se manne het goed gelyk met bal in die hand, maar Ermelo was fisies en het uitstekend verdedig.

Losskakels van albei spanne het seker gemaak om munt te slaan uit swak dissipline.

In die tweedehelfte het alle hel losgebars toe die spanne besef het dit was nou of nooit.

Standerton het soos tiranne geveg en aangeval en Ermelo het nie ‘n sentimeter teruggestaan nie.

Die keerpunt in die wedstryd het gekom toe Eddison Mputhi van Standerton ‘n gaping in die verdedigingslyn gesien en onder die pale gaan duik het.

Meeste ondersteuners sal getuig dat dit aanvaar was dat die trofee op daardie oomblik Standerton s’n was.

Brendan Coetzee, losskakel, kon egter nie in die verdoelskop slaag nie en die telling het op 23 – 18 gestaan.

Met skaars ‘n minuut oor op die klok, het Standerton die bal ontvang en was weer op die aanval. Standerton het egter die balbesit weggeskop, maar geslaag om dit weer om te keer in ‘n losgemaal, nog ‘n skop en die bal is afgestorm.

Ermelo het die bal agternagesit, dié het toe net reg gehop en al wat jy gesien het was stof soos ‘n Ermelospeler langs die kalklyn af doellyn-toe gejaag en oorgeduik het in die hoek. Die telling was toe vas op 23 elk met ‘n moeilike skop wat gewag het. Die trajek was perfek en die bal het oor die dwarslat geseil.

Die eindfluitjie het geblaas.

Lees meer in die Standerton Advertiser oor hoe een van die spelers dié wedstryd en rugbyseisoen ondervind het.

Exit mobile version