Local sportSport

Pro 10-rolbal verskaf hope opwinding

Fotogalery: Die naweek se Spec-Saver Pro 10 rolbal-aksie in Ermelo.

Die Mpumalanga Spec-Savers Pro 10-rolbaltoernooi het die naweek op Ermelo se bane plaasgevind.

Altesaam 48 spelers (24 spanne) van die Hoëveld, Laeveld en Sentraal het aan dié opwindende verkorte weergawe van die spel deelgeneem.

Slegs twee spanne per klub is toegelaat om aan die toernooi deel te neem.

Keaton Erasmus (14) van Middelburg Rolbalklub was die jongste speler wat deelgeneem het.

Spanne van twee het elk vyf wedstryde gespeel om te kwalifiseer vir die half- en eindstryde.

Die wedstryde het elk ongeveer ’n uur geduur en het uit slegs 10 koppe bestaan.

Met elke kop was daar 10 punte op die spel met die hout wat naaste aan die kat wat vier punte tel, die een wat tweede lê wat drie tel drie en so voorts tot by die hout wat vierde lê.

K. Smit en S. van Vuuren van Baberton het as toernooiwenners uit die stryd getree.

Ermelo se spanne: Frans en Delene Cloete en Vaino Prinsloo saam met Jan van Niekerk het onderskeidelik derde en vyfde in hul poelwedstryde geëindig.

Related Articles

Back to top button