Sasol Secunda Rolbalklub kroon kampioene

Die Sasol Secunda Rolbalklub het op 18 en 19 Junie hul dubbelskampioenskap gehou.

SECUNDA – Gustav Kruger en Lanie Nel is as die manswenners van Sasol Secunda Rolbalklub se jaarlikse dubbelskampioenskap op 18 en 19 Junie by dié rolbalklub se bane aangewys.

Vyf spanne het deelgeneem en elke span moes teen al vier die ander spanne speel sodat elkeen twee wedstryde per dag gespeel het.

Spanne het twee punte vir elke wedstryd wat gewen is, gekry.

As spanne gelykop gespeel het, is daar gekyk na die punteverskil tussen die wenners en die verloorders van elke wedstryd.

Dit staan bekend as die “shot accruement”.

Kruger en Nel het al vier hul wedstryde gewen en is met ’n telling van agt punte en “shot accruement”-punteverskil van +39 as kampioene gekroon.

Lappies Labuschagne en Piet van Aswegen was tweede met ’n telling van 5 en +28.

Anette van Ryneveldt en Patrys Becker is as die vrouedubbelskampioene aangewys

Drie van Sasol Secunda Rolbalklub se spanne gaan die komende naweek op Ermelo aan die Hoëveld Tripskompetisie deelneem.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version