Bethal Rugbyklub weer op die been

Bethal Rugbyklub wil weer ’n wenspan saamstel.

BETHAL – Bethal Rugbyklub is weer op die been en nooi al die oud- sowel as nuwe spelers om weer te kom speel.

Hulle het hul wedstryd Saterdag plaaslik teen Ferrometals 2 met 24-21 gewen.

Bethal het drie drieë gedruk, drie doelskoppe aangeteken en een strafdoel afgestaan.

Hoewel dit ’n harde wedstryd was, het Bethal goeie teenstand gebied.

Teen rustyd was die telling 14 elk.

Voordat die eindfluitjie geblaas het, was die telling 21-14 in Ferrometals 2 se guns.

Bethal het weer ’n drie gedruk en met drie minute oor, ’n strafdoel aangeteken.

Die Voorspelers van die Wedstryd was Johan Meiring, voorspeler van Bethal, en Waldo Bothma, agterspeler van Bethal.

Die afrigter, mnr. Mac Mcarthy, en die kaptein van die span, Jannie Burger, is opgewonde oor die toekoms van Bethal Rugbyklub.

“Die span het baie talent en ons wil volgende jaar se seisoen vroeg afskop en nou al begin voorberei,” het die kaptein gesê.

Mnr. Mcarthy het bygevoeg: “Dit is ’n trotse klub wat ons weer wil opbou, maar die ondersteuning van die gemeenskap is nodig.

“Kom oefen saam sodat ons solank gees kan bou en aan afronding kan werk.”

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version