EHS maak hul merk in Classic Clash

Op die netbalbane het die Erries hul staal gewys met die eerste span wat met hul oorwinning van 21-19 met die trofee weggestap het.

Hoërskool Ermelo het Saterdag aan die jaarlikse FNB Classic Clash teen Hoërskool Hoogenhout op Bethal deelgeneem.

Op die netbalbane het die Erries hul staal gewys met die eerste span wat met hul oorwinning van 21-19 met die trofee weggestap het.

Die 0/14A, 0/15A en -B en die tweede span het ook hul wedstryde gewen.

Die Erries se dogterhokkiespanne het gesorg vir pragspel met doele wat die een na die ander agter teen die doelhokke geklap het.

Die 0/14A-span het gelykop 1-1 geëindig met ‘n doel deur Jana Nel. Yonette Fourie het twee doele vir die 0/15A-span aangeteken terwyl Hané Swart, Kyla Grobler en Dané du Plessis die eindtelling na 5-0 opgestoot het.

Die 0/15B-span wat met elke wedstryd verbeter, het hul wedstryd 4-1 gewen. Die puntemakers was Hanje Erasmus en Vevieka Mathews met twee doele elk.

Die 0/16 A-dogters het baie mooi hokkie gespeel. Jenna Lewis, Lydia Landman en Simoné Ferreira het seker gemaak van die 0/16A’s se 3-0 oorwinning.

Die tweede span het 3-0 gewen, met Jessica van Rensburg (2) en Carla da Silva wat die puntemakers was.

Die eerste span wat hul wedstryd van die begin af oorheers het, se punte is deur Teneal Nel, Emma Visser, Tanja Beukes en die kaptein Carin Nel aangeteken. Die eindtelling was 4-0.

Die 0/16-seuns het ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel en 3-1 gewen.

Op die rugbyveld het die 0/15A-span wat tot dusver onoorwonne in die liga is, hul wedstryd 22-19 gewen.

Ten spyte van goeie rugby, kon die eerstes, tweedes, derdes, en 0/16A’s nie hul wedstryde wen nie. Die 0/14A-, 0/15B- en 0/16B-span het almal hul wedstryde gewen.

Die Erries speel eerskomende Saterdag teen Hoërskool Volksrust op die Erries se tuisveld.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version