Local sportSport

Pienkbal bly gewild

Klublede beskou die Pienkbal-wedstryd as een van die hoogtepunte van die jaar.

Die Hervormde Kerk Ermelo-Suid se jaarlikse Pienkbal IPS-gholfkompetisie het Saterdag weer sy gewildheid bewys deur 114 spelers te lok.

Klublede beskou die Pienkbal-wedstryd as een van die hoogtepunte van die jaar.

Vanjaar het vroue die eerste twee plekke ingeneem in die IPS-kompetisie.

Corné de Villiers het die wennersprys ontvang met ‘n telling van 39 punte en Yolanda van der Merwe was in die tweede plek op 38 punte,

Niel Clifford was derde op 37 en Eric Trouw vierde ook op 37 punte ná ‘n uittel.

Vier spelers, Chris Landman, Hans de Wet, P. Swanepoel en J. Smith, almal op 36 punte, het die daaropvolgende plekke ingeneem.

Pryse vir naaste aan die pen is gewen deur Sarie Erasmus (vierde gat), Tertia Kemp (sesde gat), Gert Coetzee (14de gat) en Marilize Potgieter (16de) gat.

Die Pienkbal-spel is gewen deur die span van Corné Basson.

’n Pienk gholfbal word aan die begin van die dag aan elke span gegee en word om die beurt deur spanlede gespeel. Die span wat aan die einde van die dag se spel die pienk bal kan inhandig kom in aanmerking vir die prys.

Pienkbal (8)
Natie van Rooyen, Estiaan Roos, Corné Basson (wenner van die Pienkbalbaadjie), dr. Frans Boshoff en Chris Schneider in gesellige luim ná afloop van die dag se spel.
Pienkbal (4)
Corné Basson, leier van die span wat die Pienkbal-spel gewen het en Dr Frans Boshoff – organiseerder.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button