Fotogalery – Raakrugbytoernooi vir sussies groot sukses

Die twee dogtertjies ly aan spastiese diplegie en is albei liggaamlik gestrem. Hulle sal vroeg in Desember korektiewe sjirurgie op hulle bene en heupe ondergaan.

Die raakrugbytoernooi wat Saterdag op Ermelo gehou is ten bate van die Nelson sussies Dominique (9) en Wenique (8) se komende operasiekoste het alle verwagtinge oorskry en is as ’n  groot sukses bestempel.

Meer as 20 spanne het vir die toernooi ingeskryf.

Oud en jonk, mans en vroue het aan die toernooi deelgeneem wat in ’n baie gemoedlike gees gespeel is.

Die twee dogtertjies ly aan spastiese diplegie en is albei liggaamlik gestrem. Hulle sal vroeg in Desember korektiewe sjirurgie op hulle bene en heupe ondergaan wat aansienlike uitgawes vir hul ouers Waldo en Angelique gaan beteken.

“Die finale bedrag wat ingesamel is is nog nie bekend nie en hoewel dit nie naastenby die operasiekostes sal dek nie is ons nogtans baie dankbaar vir elkeen wat ons ondersteun het. Ons glo die geld sal baie help,” het die hoof-organiseerder, mnr.  Jannie Myburgh gesê.

Die toernooi is deur ouers en personeel van die plaaslike CVO skool gereël.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version