School sportSport

Erries te sterk vir teenstanders

Hul teenstanders kon nie die reusetelling van 233/6 wat die Erries in hul kolfbeurt (40) aangeteken het, behaal nie en word deur die Erries uitgeboul vir 56 lopies wat aan hulle ’n oorwinning van 177 lopies besorg.

Die Erries se eerste krieketspan het Saterdag in ’n taai wedstryd teen Ermelo Christian School (ECS) te staan gekom.

ECS het 166/9 aangeteken waarop die Erries geantwoord het met 170/9 wat aan hulle die oorwinning besorg het.
Erries met die beste boulsyfers was Jeandré Muller wat 2/25 lopies en Qiniso Habile wat 3/14 lopies geneem het.

Met die kolf het Christian du Plooy met 34 lopies en Jean-Jacques van Rensburg met 20 lopies uitgeblink.
Die EHS se tweede span het teen Hoërskool Piet Retief te staan gekom.

Hul teenstanders kon nie die reusetelling van 233/6 wat die Erries in hul kolfbeurt (40) aangeteken het, behaal nie en word deur die Erries uitgeboul vir 56 lopies wat aan hulle ’n oorwinning van 177 lopies besorg.

Marco Grobler het 65 lopies, J.G. Serfontein 28 en Brendan van Eck 28 lopies aangeteken.
Jean Beukes het uitgeblink met die bal en het 5/21 lopies geneem.
J.G. Serfontein het 2/11 en Ruan Labuschagne 2/6 geneem.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button