Bethal Rugbyklub oefen hard vir haldeindronde

Spelers oefen weekliks en is besig om vir ander wedstryde voor te berei.

BETHAL – Die plaaslike rugbyklub se eerstespan het onlangs met Standerton kragte gemeet en 31-3 verloor.

Hulle het ook hul wedstryd teen Ermelo met 23-18 verloor.

Die span lê tans vierde in die liga.

Bestuurslede is tevrede met die uitslae tot dusver en het gesê daar is baie jong spelers in vanjaar se span.

Die spelers oefen weekliks en is hard besig om vir die ander wedstryde voor te berei.

Die span speel op 15 Augustus in die halfeindstryd van die rugbyliga teen Groblersdal.

Jannie Burger, speler, het gesê dat die klub se spelers weer vanjaar aan die rugbyliga gaan deelneem.

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Exit mobile version