Tarentaal Gholftoernooi is om die draai

Gholf beloof om pret te wees.

Die jaarlikse Tarentaal Gholftoernooi by Bethal Gholfklub vind vanaf 26 tot 29 Augustus plaas.

Spelers kan op Woensdag en Donderdag die IPS-kompetisie speel en die koste beloop R120 per dag.

Op Vrydag gaan deelnemers ‘n ‘betterball” speel en die koste hiervoor beloop R150.

Op Saterdag is dit weer ‘n IPS teen R150.

Daar is ook ’n vierdag pakket teen R400 beskikbaar.

Mense moet die gholfklub se Facebook-blad dophou om te sien wanneer die inskrywingslyste beskikbaar gaan wees.

Die Tarentaalweek se vroueoggend vind op Woensdag, 26 Augustus plaas en vroue word genooi om dit te ondersteun.

Bethal Superspar en Tops is die borg en dit kos R120 om in te skryf.

Mense moet so gou as moontlik bespreek om teleurstelling te voorkom.

Skakel Melanie Jansen Van Noordwyk by 082 449 0985 of Gerrie Jordaan by 072 183 2410.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version