Local sportSport

Ryno mik vir vyfde rang

Hoe Ryno die naam 'Witblits' gekry het.

Ryno Oosthuizen is al langer as 10 jaar by armdruk betrokke en het die bynaam “Witblits”.

Hy druk nie net self arm nie, maar is ook ’n skeidsregter in dié sport.

Die heel eerste kompetisie waaraan Oosthuizen 10 jaar gelede deelgeneem het, het hom goud besorg.

Van daar het almal hom aangespoor om dit as ’n sport te oorweeg.

Sy teenstanders het na hom begin verwys as die vinnigste armdrukker in Suid-Afrika en vandaar die naam Witblits.

Oosthuizen is tans twaalfde in die wêreld, maar wil graag as nommer vyf eindig.

Hy het sewe jaar gelede by skeidsregting betrokke begin raak en is tans ’n meester skeidsregter.

Hy gaan ook ’n internasionale kursus oorsee voltooi, waarna hy wêreldwyd as skeidsregter kan optree.

Oosthuizen is tans die president van die Armdruk Skeidsregtersassosiasie van Suid-Afrika en tree as skeidsregter vir mans en vroue op.

Hy is al gekies om as skeidregter vir John Brzenk, die nommer een armdrukker in die wêreld, in Bloemfontein op te tree.

Deel van hul geldinsamlingsprojek, asook om groter blootstelling aan dié sportsoort te kry, sal daar op 4 September ’n kompetisie aangebied word deur Oosthuizen, Francois Bezuidenthout en Eish restauant.

Hul doel is om die gemeenskap daaraan bloot te stel dat armdruk nie net ’n kroegsport is nie, maar wel ook ’n familiesport is.

Enigiemand kan deel neem.

Tegnieke het baie verander en daar is baie meer tegniese aspekte rondom armdruk as wat mense aan bloot gestel is.

Hy en Bezuidenhout gaan Suid-Afrika vanaf 25 September tot 5 Oktober in Maleisië verteenwoordig tydens die Maleisiese Wêreld Armdrukkampioenskappe 2015.

Oosthuizen nooi die gemeenskap om op 4 September by die Eish restaurant saam te trek.

Die hele gesin is welkom en daar gaan gewigklasse van onder 95kg en bo 95kg wees om aan deel te neem.

Daar sal selfs ’n juniorafdeling wees, asook ’n vroue-afdeling.

Alle wins en donasies sal aangewend word om die koste vir die Maleisië-kampioenskappe te dek.

Hou gerus vir Oosthuizen dop wanneer hy op 1 Augustus in Nelspruit aan die Suid-Afrikaanse posisie-kompetisie gaan deelneem.

Hy beklee die vierde posisie in Suid-Afrika.

 

 

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Related Articles

Back to top button