Bheki Nguni en Nicholas Mahlangu wen Bethal Gholfklub Meesterstoernooi

Bethal Gholfklub bied op 18 April klubkampioenskappe aan.

BETHAL – Bheki Nguni en Nicholas Mahlangu het Saterdag die tweedae-lange meestersgholftoernooi by Bethal Gholfklub gewen.

Hulle het ’n totaal van 87 punte oor die twee dae aangeteken.

Gerrie Jordaan en Stinkie Serfontein het tweede geëindig deur 85 punte aan te teken, terwyl Frans Cronje en Marius Delport derde was met 84 punte.

Conrad Klopper en Gert Lindeque het die langste toernooiprys gewen met hul 55 punte.

Corné Klopper, Gert Coetzee, Veli Shabangu en Frans Cronje het pryse gewen vir die naaste aan die pen oor die twee dae.

“Ons hou die meersterstoernooi dieselfde tyd as die oorspronklike een in Amerika,” het Gerrie Jordaan, bestuurder, gesê.

Die bekende meesterstoernooi vind jaarliks in Augusta, Georgia, plaas.

Die gholfklub bied Saterdag, 18 April klubkampioenskappe aan.

Skakel Gerrie Jordaan by 017 647 3265.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version