EHS-seunshokkie maak stem dik by kursus

Die Erries se vaardigheid het baie komplimente vir die span ontlok.

Die eerste seunshokkiespan, of te wel die Perfect Water-span, van Hoërskool Ermelo het van 26 tot 31 Maart ‘n hokkiekursus by die Noordwes Universiteit in Potchefstroom bygewoon.

Dié span het van die begin af hul stem dik gemaak in hul poel met oorwinnings in al hul wedstryde.

Hulle het Hoërskool Duineveld 5-1 geklop, met William Gardiner (2), Mark Gardiner (1), Jonathan Fourie (1) en Willem van der Merwe (1) wat die doele aangeteken het.

In hul tweede wedstryd, het hulle Bryanston High 3-1 geklop. Die doele is aangeteken deur Elandre Kruger (2) en Mark Gardiner (1).

In ‘n taai wedstryd teen Merensky het die Erries 2-0 gewen met Elandré Kruger wat albei doele aangeteken het.

Hul wedstryd teen Hoërskool Ben Vorster het gelykop geëindig met twee doele elk. Siyabonga Nkozi en Elandre Kruger was hier die puntemakers.

Mark Gardiner se doel het gesorg vir die 1-0 oorwinning in die laaste poelwedstryd teen Nico Malan.

Die oorwinning van 1 – 0 met ‘n doel deur William Gardiner teen HTS Drosdyhof in die halfeindstryd het vir hulle die weg gebaan na die eindstryd teen Hoërskool Gimnasium (Noordvaal-kampioen en nasionale toernooiwenners).

Die Erries het dié wedstryd 0-1 verloor en moes tevrede wees om as naaswenners weg te stap.

Tydens dié kursus was daar ‘n vaardigheidstoets wat die Erries gewen het met ‘n tyd van 2 mi.n 59 sek, terwyl die span wat tweede was se tyd oor die 6 min was.

Die Erries se vaardigheid het baie komplimente vir die span ontlok

Die Erries se eerste seunshokkiespan is ook die wenners van hulle poel in die Tuksreeks. Hulle speel op 17 April in die kwarteindronde teen Hoërskool Nelspruit.

Me. Naomi Uys, afrigter, sê Hoërskool Ermelo sien uit na ‘n opwindende hokkieseisoen.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version