Atlete verbeter rekords

Hoogies-atlete presteer tydens interhuisatletiekbyeenkoms.

BETHAL – Verskeie rekords is tydens Hoërskool Hoogenhout se interhuisatletiekbyeenkoms verbeter.

Jaun Peere Pretorius het die verspringrekord vir S0/14 wat al van 1964 staan, verbeter.

Inge van der Merwe het die verspringrekord vir D0/15 by die kleursport wat al sedert 1981 staan, verbeter.

Gerrie Erasmus het op sy beurt die 800m S0/15-rekord wat al van 1988 af staan, verbeter.

Ander atlete wat rekords verbeter het, is Juan Jaun Pretorius (300m S0/14), Marizelle Venter ( 300m D 0/15), Franci Louwrens (300m D 0/15), Tiaan du Preez (100m S0/15), Damian Losper (300h en 100h S0/15), Cecile Vermaak (400h D0/17) en Hendrik Susan (110h en 400h S0/17).

Die Top 10 seuns wat die meeste ABSA-punte behaal het, is Juan Pretorius (1032), Gerrie Erasmus (903), Pepsido Manelisi (864), Ewald Nortman (813), Hendrik Susan (807), Damian Losper (807), Morne Erasmus (784), Tiaan du Preez (778), Jacques Roelofse (765) en Albertus Richter (761).

Die Top 10 dogters wat meeste ABSA-punte behaal het, is Inge van der Merwe (1039), Franci Louwrens (858 ), Chante Koen, Iris Koen (820), Danielle Human (799 punte), Cecile Vermaak (732), Rozelle Schreuder (714), Mauresmo Bruce (692), Anso Jordaan (681), Marizelle Venter (655) en Neldine Joubert (655).

Die Groenspan het met die geesbeker weggestap en die Witspan is as die beste dirigente aangewys.

Adrine Maritz is aangewys as die beste dirgent.

Veruscka Becker, Armando du Preez, Janu Fourie, Adriné Maritz, Uyanda Masango, Coopers van Wyk en Viani Viljoen is as die Interhoërdirigente aangewys.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

Exit mobile version