Melani is ’n gholfspeler van formaat

Leer ken die vrou wie se passie gholf is.

BETHAL – Gholf is beslis in me. Melanie Jansen van Noordwyk se bloed van babatyd af.

Sy het het van kleins af by Bethal Gholfklub gewees omdat haar ouers groot gholfspelers is.

Op die ouderdom van 25 het sy besluit dat sy ook gholf wil speel en dit aangepak saam met haar suster en haar vriendin.

“Gholf is deel van my lewe.”

Volgens haar is gholf ‘n kompeterende, maar ontspannende sport.

“Enige iemand kan gholf speel en dit oefen jou op ’n fisieke en emosionele vlak,” het sy gesê.

Sy neem aan baie kompetisies deel en sy en haar ligaspanmaat, me. Elandi Klopper, was vanjaar die nuutste en jongste vroue gholfspelers wat aan die liga deelgeneem het.

Hulle het vyf van hulle ses wedstryde gewen en een gelykop gespeel.

Sy is ook tydens die Bethal Gholfklub se Tarentaal Gholftoernooi as die algehele vrouewenner aangewys.

“Met gholf speel jy nie altyd goeie gholf nie, maar dit maak dat ’n mens wil aanhou en jouself druk om te verbeter.”

Sy het gesê dat haar twee seuns in haar voetspore volg en ook baie van gholf hou.

Me. Jansen van Noordwyk is op 23 Maart 1983 in Bethal Hospitaal gebore en is die oudste van vier kinders.

Sy was in Laerskool H.M. Swart en het in 2001 aan Hoërskool Hoogenhout gematrikuleer.

Sy het op ’n plaas buite Bethal grootgeword en dorp toe getrek toe sy 18 was.

Verder het sy al by verskeie ondernemings gewerk en werk tans by die Nasionale Aartappel Koöperasie (NAK) as ’n administratiewe klerk.

In haar vrye tyd lees sy en kuier graag saam haar vriende en familie op of af van die gholfbaan.

Sy is ’n see- en bosveldliefhebber en is gek oor diere.

Haar pa, mnr. Stefan Venter, is haar grootste inspirasie omdat hy haar in goeie en slegte tye ondersteun en haar liefhet en haar nooit oordeel nie.

Iets wat min mense weet, is dat haar oupa, mnr. Willie Venter, in die 70’s Bethal se burgemeester was.

Haar ma, me.Christa Venter, haar suster, me. Anelia Venter, en haar twee broers, mnre. Marnus en Kobus Venter, is ook gholfspelers en hulle speel gereeld saam.

“Behandel ander soos jy behandel wil word,” is waarin sy glo.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version