SECUNDA – Die Mpumalanga-stoeikampioenskappe het onlangs op Nelspruit plaasgevind en sewe stoeiers het eerste plekke behaal.
Jaden Grobler (0/9 Vrystyl), Angelique Jooste (0/11 vroue), Drikus Swanepoel (0/13 en President Vrystyl en Grieks-Romeins), JP Louw (0/13 Vrystyl en Grieks-Romeins), Janus Jooste (0/3 Vrystyl), Nathan Webb (0/15 Kadet en President Vrystyl en Grieks-Romeins) en Nico van den Berg (Kadet en President Vrystyl en Grieks-Romeins) het almal eerste plekke behaal.
Henco Coetzee en Jordan Webb het aan die lang termyn ontwikkelingafdeling deelgeneem.
Janus Jooste (0/13 Grieks-Romeins) het ’n silwermedalje verwerf en tweede geëindig.
Sasol Stoeiklub het altesaam 19 Mpumalanga-kampioene in die verskillende ouderdomsgroepe en style.
Die president van Sasol Stoeiklub, mnr. Johan van den Berg, het gesê dat hy baie trots op die klub se stoeiers is.