Local sportSport

Sasol wen halfeinstryd

Sasol wen onverwags kwarteindronde van Community Cup Runner-up Play Offs.

SECUNDA – Sasol Rugbyklub het op Saterdag, 13 September die halfeindronde van die Community Cup Runner-up Play Offs op hul tuisveld gewen nadat hulle met die Oostelike-span kragte gemeet het.

Dit was ’n naelskraap wedstyd en Sasol was aan die begin van die tweede helfte voor met ’n telling van 14-12.

Dit het egter gou verander toe die Oostelikes punte aangeteken het en sowat 20 minute voor die eindfluitjie geblaas het, met 26-14 voorgeloop het.

Sasol het verbete teruggeveg en die wedstryd met 33-26 gewen.

Sasol se puntemakers en spelers van die wedstryd was Koos Fourie met twee drieë, Willa Martin, Werner Joubert en Juan Kotze met een drie elk en Don Stander en Willem Preotrius wat drie drieë verdoel het.

Na dié oorwinning draf Sasol op Saterdag, 20 September op Loftus Versfeld uit teen die Wanderers van Gauteng.

Hulle speel die voorwedstryd voor die Blou Bulle en die Haaie se stryd op Saterdag.

Related Articles

Back to top button