Bethal Bears gee krieket ’n nuwe definisie

Bethal Bears wen eerste wedstryd van nuwe seisoen teen Piet Retief.

BETHAL – Bethal Bears het onlangs in ’n oefenwedstryd teen Piet Retief se krieketspan op Piet Retief gespeel en hulle geklop.

Die span se kaptein het die loot gewen en Bethal het eerste gekolf.

Leon Parsons het 87 lopies aangeteken.

Die speler van die wedstryd was Corne Greyvenstein wat sy eerste 100 vir die klub aangeteken het.

Hy het die boulers oorheers en die bal na alle dele van die veld geslaan.

Bethal se eindtotaal was 342, maar Piet Retief se kolwers het nie gaan lê nie.

Tiaan Naude het 40 paaltjies aangeteken en Duvan Grobbelaar 119.

Lungelo Mtshali en Herman Booysen van Bethal het elk drie paaltjies laat kantel en Liam Korf en Derick Diedericks elk twee paaltjies.

“Ons het ons seisoen goed begin en hoop om daarop te bou,” het die spelers gesê.

Bethal se volgende oefenwedstryd is op 21 September teen Sasol Krieketklub en die eerste ligawedstryd vind op 8 Oktober plaas.

Exit mobile version