Local sportSport

Silent Assassins stof ander spanne uit

Pieter Streicher het die trofee vir die beste binnebaanspeler en die beste mansspeler vir die seisoen gekry.

SECUNDA – Die laaste week van die binnenshuise netballiga het verlede week by Lake Umuzi plaasgevind en die Silent Assassins is as die ligawenners gekroon.

Dié span bestaan uit Zelda Bezuidenhout, Leandra Erasmus, Anrie Beylevelt, Karlien Lubbe, Jolene Naude, Nadia Joubert, Melandi Kotze en Joanne Jackson.

Die Puss & Boots netbalspan wat uit Adelle Grové, Friedrich Mülke, Clarin Watson, Liezl Murphy, Lee-Ann Bean, Sonja Smit, Quintin Petzer, Sandra van Zyl en Morne van Zyl bestaan, het tweede geëindig en die Buns & Guns netbalspan het derde geëindig.

Spanne het Saterdag, 16 Augustus kragte gemeet vir die eerste, tweede, derde en vierde plekke.

Verskeie netbalspelers het trofees vir hul spel deur die seisoen gekry.

Pieter Streicher het die trofee vir die beste binnebaanspeler en die beste mansspeler vir die seisoen gekry.

Adelle Grové het die trofee vir die beste doel gekry, David du Plessis vir die beste verdediger en Friedrich Mülke het ook ’n trofee vir die beste mansspeler gekry.

Geraldine Vorster is as die beste vrouespeler vir die seisoen aangewys en Zelda Bezuidenhout as die beste speler van die dag.

Die Sublime-span is beloon vir die beste gees vir die seisoen.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button