Rugbyspelers moet hul staal wys

Speel rugby en neem aan Community Cup deel.

SECUNDA – Sasol Rugbyklub bied op 23 Augustus ’n oefenkamp aan en het spelers van al die klubs in die omgewing na dié kamp genooi.

Die idee is dat spelers hul talent by die kamp wys om dan saam met Sasol Rugbyklub na die Community Cup Rugbykampioenskappe te gaan.

Die oefenkamp vind by Sasol Rugbyklub plaas en ’n groep van 33 spelers sal vir die Community Cup gekies word.

Sasol se eerste wedstryd sal teen Limpopo wees en vervoer van en verblyf vir spelers sal deur die Suid-Afrikaanse Rugby Unie gedek word.

Ondernemings wat blootstelling wil hê of spelers wat belangstel, kan me. Mariëtte Kruger skakel by 082 461 2224.

“Ons is trots om nie net Sasol nie, maar ook ons gemeenskap se naam hoog te hou.

“Die gemeenskap sluit Secunda, Standerton, Evander, Trichardt, Kinross, Bethal en Ermelo in,” het me. Kruger gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version