Juniors wen gholfkompetisie

Geld wat by die veiling en die gelukkige prystrekking ingesamel is word aan die Kankervereniging geskenk.

Twee junior gholfspelers het Saterdag die Red Carpet Lounge Winter Golf Day se 2-Ball Better Ball gholfkompetisie gewen.
Rohan Stander en Nico Froneman se telling van 47 punte het aan hulle die eerste plek besorg, een punt voor D. Nkosi en C. Magagula wat in die tweede plek geëindig het op 46 punte.
S. Simelane en P. Thomo was derde, ook met 46 punte ná ’n uittel.
Pryse vir naaste aan die pen het gegaan aan Niel Clifford (vierde putjie), Theuns Botha (sesde putjie) en Sam Nkosi (14de putjie).
Die vroue-afdeling is gewen deur Marthie Horn en Patrizia Lombard.
“Oros” van der Walt en Chanté Boonstra is as die bes geklede gholfpaartjie aangewys.
Ná afloop van die prysuitdeling is ’n wegbreek-naweek vir twee persone by die gewilde Indawo Game Lodge, asook ’n bottel Ernie Els-wyn opgeveil.
Geld wat by die veiling en die gelukkige prystrekking ingesamel is word aan die Kankervereniging geskenk.

Exit mobile version