Standertonbuig die knie

Hoewel Standerton verloor het, ding hulle volgende naweek weer teen Bethal in die eindstryd op Bethal se velde mee.

Standerton Rugbyklub se tweedespan het op 19 Julie teen Bethal die knie met 59-20 gebuig.

Bethal het met mening in die eerste helfte gespeel en met ‘n rustydtelling van 36-8 voorgeloop.

Hoewel Standerton verloor het, ding hulle volgende naweek weer teen Bethal in die eindstryd op Bethal se velde mee.

“Vir ‘n span wat nog nie saam geoefen het nie, het hulle nie te sleg gespeel nie, maar Bethal

was die beste span op die

dag,” het mnr. JakesCoetzee, voorsitter van die klub, gesê.

Phillip Naudé het twee drieë gedruk en ‘n strafskop deur die pale gejaag, terwyl J.T. Eksteen een keer agter die pale gaan kuier het.

Riaan Groenewald het met ‘n doelskop geslaag.

Die voorspeler vir Standerton was die flank Schalk Oosthuizen en agter het Steven Grobler uitgeblink.

Volgens mnr. Gerry Generall,

afrigter van Bethal

Rugbyklub,was dit ‘n

wegholoorwinning en

sien hy uit na ‘n harde

stryd op Bethal volgende

naweek om 2.45nm.

Exit mobile version