Sport

Duiwe vlieg waar wind hul vat

Die voorlopers in die jaaroud-afdeling is Robert Scott met 146 punte en in die ope-afdeling het John Vienings 152 punte.

Standerton Posduifklub het op 21 Junie in mooiweerstoestande vir die tweede week uit Wolmaranstad hulle duiwe oor ‘n afstand van 325km losgemaak.

Die voorlopers in die jaaroud-afdeling is Robert Scott met 146 punte en in die ope-afdeling het John Vienings 152 punte.

Robert Scott, Geelbos en Ronald Scott beklee die eerste drie plekke in die gesamentlike puntestand.

Die volledige uitslae in die jaaroud-afdeling was:

Robert Scott se duiwe was 1, 3, 8, en 9de, Marius Esterhuizen 2, 4, 22, 23, 24, 25, 30, 31, 37 en 38ste, Geelbos 5 en 40ste, David van der Linde 6, 17, 18, 19, 20, 27 en 28ste, John Vienings 7, 26 en 29ste, Norden Lombaard 10, 16, 21, 32 en 33ste, Lombaard Juniors 11, 14, 34 en 35ste, Ronald Scott 12, 13 en 39ste, Ben Steyn 15de en David Armitage 36ste. Die duiwe het met ‘n windpoed van 82.08km/uur gevlieg.

Die volledige uitslae in die ope-afdeling was:

John Vienings se duiwe was 1, 2, 7, 10, 27, 28 en 32ste, Robert Scott 3, 8, 13, 22, 23, 24 en 25ste, Ronald Scott 5, 6 en 35ste, Ben Steyn 9, 16, 17, 19, 31 en 37ste, David van der Linde 11, 12, 30 en 40ste, Johan Marneweck 14de, Geelbos 15de, Danie van Staden 18 en 29ste, Lombaard Juniors 20ste, Norden Lombaard 21 en 36ste, David Armitage 26, 33 en 39ste, Smokin Joe 34ste en Marius Esterhuizen 38ste.

Die windspoed was 82.40km/uur.

Die volgende twee wedvlugte vind op Saterdag 28 Junie vanaf Bloemhof plaas.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button