Sport

Standerton jagters skiet kolskoot

Altesame 25 skuts het deelgeneem en na verskillende teikens geskiet.

Die Standerton Jagtersvereniging het op 14 Junie ‘n Skietdag by Evert Genis-skietbaan gehou.

Altesame 25 skuts het deelgeneem en na verskillende teikens geskiet.

In die jakkals-teiken het Evert Genis met 120 uit 150 punte gewen, gevolg deur Johan Smit met 95/150 en derde was Jaco Steenkamp met 90/150.

In die rooibok-teiken sonder ‘n rus was Deon le Roux die wenner met 37/45, terwyl Evert Genis tweede was met 37/45 en Christo Baily derde met 34/45.

In die handwapenjag was Jako Steenkamp eerste met 110/300 en Daleen Podge tweede, ook met 110/300.

Die juniors het ook hulle man gestaan en in die rooibok-teiken het Xander Bailey met 23/45 gewen, gevolg deur Mandé Opperman met 7/45.

In die jakkels-teiken het Xander weer gewen met 80/150 en Mandé was tweede met 25/150.

Die volgende byeenkoms is op 5 Julie, weer by Evert Genis-skietbaan. Vir meer inligting skakel Jaco Steenkamp, skakelbeampte, by 082 877 2253.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button