Standerton klop Secunda

Rugyspanne meet kragte op Standerton.

SECUNDA – Hoërskool Standerton se 0/14B-rugbyspan het op 19 Junie as die Mpumalanga Grootskole-ligawenners uit die stryd getree.

Die kragmeting teen Hoërskool Secunda is met 33(21) teen 17(10) gewen.

Op ’n yskoue dag en ’n harde oppervlakte by SHS se A-rugbyveld het die jong spelers kookwaterrugby gespeel.

Secunda se voorspelers het aan die begin oorheers, maar nadat Standerton die bal laat loop het, was dit die begin van die einde vir Secunda.

Standerton se losvoorspelers, veral die vaskopflank Asande Twala wat drie keer agter die pale gaan kuier het, was die doring in hul teenstanders se vlees.

Lynstanne was ’n probleem weens die wind en ’n paar hanteringsfoute het ook die vloei van die wedstryd belemmer.

Standerton se losskakel, Dylan Lottering, het sy skopskoene ingepak en vier uit die vyf doelskoppe gejaag.

Secunda het van hul groot voorspelers gebruik gemaak, maar Standerton het hul man gestaan.

Dit was harde rugby deur albei spanne, maar daar is een wenner en rugby het geseëvier.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version