Local sportSport

Stoeiers blink uit

Stoeiklub nooi belangstellendes om aan te sluit.

SECUNDA – Verskeie stoeiers van Sasol Stoeiklub het onlangs aan die Limpopo Ope Stoeikampioenskappe deelgeneem en presteer.

Janus Jooste het eerste plekke in die Vrystyl- en Grieks-Romeinse-afdelings behaal, terwyl Dawie Hechter ook ’n eerste plek in die Grieks-Romeinse-afdeling verwerf het en ’n derde plek in die Vrystylafdeling.

Jaden Grobler het ’n derde plek in die Vrystylafdeling behaal.

Me. Shaney van Zyl, afrigter, is trots op die stoeiers.

“Hulle het stoei van uitstaande gehalte gelewer,” het sy gesê.

Sasol Stoeiklub het Saterdag, 7 Junie aan die Sentraal-Gauteng Ope Kampioenskappe deelgeneem.

Lede van Sasol Stoeiklub oefen op Maandae en Woensdae.

Vir meer inligting, skakel mnr. Johan van den Berg by 082 322 9893 of me. Lollie van den Berg by 082 343 7800.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button