Standerton weer op die wen pad

Standerton het ses drieë gedruk terwyl Carolina slegs een keer agter die pale kon kuier.

Standerton se eersterugbyspan het Saterdag 30 Mei Carolina met 38-7 geklop.

Carolina kon slegs een span stuur om Standerton die stryd aan te sê.

Mnr. Jakes Coetzee, voorsiter van Standerton Rugbyklub het gesê dat dit ‘n harde stryd was en dat die voorspelers goeie bal vir die agterlyn gegee het.

Standerton het ses drieë gedruk terwyl Carolina slegs een keer agter die pale kon kuier.

Brendan Coetzee, Hendrik Coetzee, Riaan Bronkhorst en Rihan Adendorff het elk ‘n drie gedruk, terwyl Barnard van der Westhuizen twee keer punte aangeteken het.

Brendan Coetzee het ook vier doelskoppe oor die pale gejaag.

Die beste voorspeler op die dag was die slot, Willem Pieters, wat in die skrums en lynstane uitgeblink het.

Die agterspeler van die wedstrtd was Pieter Wessels, wat op senter sy man gestaan het. Volgens mnr. Coetzee is nog baie kaartjies vir die Springboktoets teen Walis beskikbaar en hy het ‘n beroep op almal gedoen om die klub te ondersteun. Standerton speel eerskomende Saterdag teen Bethal op Bethal se gronde, die tweedespan begin om 2.45nm en die eerstespan begin om 4nm.

Vir enige verdere inligting skakel mnr. Coetzee by 071 120 5918.

Exit mobile version