Local sportSport

NIco se stoei neem hom na Egipte

Jong stoeier kort borge om aan Afrika-stoeikampioenskappe deel te neem.

SECUNDA – Nico van den Berg van Sasol Stoeiklub is deur die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie gekies om vanaf 20 tot 25 Mei aan die Afrika Kadet Vrystylstoeikampioenskappe in Egipte deel te neem

Die Suid-Afrikaanse stoeispan vertrek op 16 Mei na Alexandrië, Egipte.

Die Afrika-stoeikampioenskappe dien ook as kwalifiserende ronde vir deelname aan die Olimpiese Jeugstoeikampioenskappe wat in Augustus in Nanjing, Sjina plaasvind.

Volgens Van den Berg se afrigter, mnr. Johan van den Berg, berei hy tans vir die Afrika-stoeikampioenskappe voor.

“Ek is baie bly vir die gawe wat die Here vir my gegee het om te kan stoei en ek maak dit ’n saak van gebed,” het Van den Berg gesê.

Hy benodig R20 000 om aan die Afrika-stoeikampioenskappe deel te neem en as daar enigiemand is wat hom wil borg of ondersteun, kan hulle me. Lollie van den Berg skakel by 082 343 7800.

Sasol Stoeiklub oefen Maandae en Woensdae om 6nm.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button