Sport

Tokkie Brits presteer

Sy was vir twee agtereenvolgende dae die wenner in die vroue-afdeling en het op dag drie 199,76kg en dag vier 193,99kg gevang, asook die grootste baber van 17,86kg. Sy het 'n totaal van 840,57kg in die vyf hengeldae genet.

Tokkie Brits van die Standerton Hengel en Bootklub het onlangse by die jaarlikse Binnelandse-kampioenskap by Bloemhofdam algeheel tweede geëindig.

Sy was vir twee agtereenvolgende dae die wenner in die vroue-afdeling en het op dag drie 199,76kg en dag vier 193,99kg gevang, asook die grootste baber van 17,86kg. Sy het ‘n totaal van 840,57kg in die vyf hengeldae genet.

Mpumalanga Ligte Gerei Boothengel het skoonskip in drie van die vier afdelings gemaak en eerste plekke is deur die vroue-, 0/21- en no 1 skipper-afdeling behaal.

Die juniors het ‘n tweede plek behaal.

Die grootste karp het 11,50kg en swaarste baber 22,12kg geweeg, wat albei deur junior hengelaars genet is. Brits beklee tans die vyfde posisie op die Suid-Afrikaanse ranglys en kom in aanmerking vir haar Springbokkleure.

Sy is die eerste vroue-hengelaar van die klub wat dié prestasie behaal en is genomineer om in September aan die Ligte Gerei Boothengel van Suid-Afrika in Engeland deel te neem.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button