Local sportSport

Stoffel doen dit vir ouetehuis

Stoffel Mulder het Saterdag se IPS-gholfkompetisie wat ten bate van die SAVF-Huis gereël is met ’n goeie telling van 42 punte gewen ná ’n uittel met Gawie Vermaak wat ook op 42 geëndig het. Herman Swart het die derde plek ingeneem op 40 punte en A. Ernst was in die vierde plek op 38 punte. …

Stoffel Mulder het Saterdag se IPS-gholfkompetisie wat ten bate van die SAVF-Huis gereël is met ’n goeie telling van 42 punte gewen ná ’n uittel met Gawie Vermaak wat ook op 42 geëndig het.

Herman Swart het die derde plek ingeneem op 40 punte en A. Ernst was in die vierde plek op 38 punte.

Hans de Wet was naaste aan pen op die vierde asook die sesde putjie met Colin Odendaal naaste aan die pen op die 14de en André Nel naaste op die 16de. Die prys vir die “langste dag” het aan Frikkie Vermaak gegaan.

Ermelo Gholfklub se net-ligaspan het in sy ligawedstryd ’n oorwinning van 6-2 oor die span van Piet Retief behaal.

Ná afloop van die prysuitdeling is ’n veiling gehou waartydens ’n baie welkome bedrag geld vir die SAVF-Huis ingesamel is. Die SAVF-bestuur het hulle dank en waardering uitgespreek teenoor al die gholfspelers wat tot die sukses van die dag bygedra het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button