Local sportSport

Hanco op pad na jukskeikampioenskappe

Hanco is besig met voorbereiding vir jukskeikampioenskappe.

BETHAL – Hanco Schoeman, ’n leerling van Laerskool H.M Swart, gaan weer aan die jukskeikampioenskappe deelneem.

“Hanco neem aan verskeie sportsoorte deel en presteer goed in almal,” het sy ma, me. Elise Schoeman, gesê.

Hy het jukskei op die ouderdom van vyf jaar begin speel en het in 2005 by die toernooi op Klerksdorp die eerste plek, asook Provinsiale klere verwerf.

Op Kroonstad in dieselfde jaar het hy ook die eerste plek by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in die S0/14-afdeling gekry.

Hy en sy ma is deel van die Nigel Jukskeiklub en dus doen Hanco jukskei as ’n buitemuurse aktiwiteit.

Hanco het Nasionale Suid-Afrikaanse klere in 2011 ontvang en was in 2013 vir die Suid-Afrikaanse Jukskeispan gekies.

Hy was deel van die Top-10 span in die S0/13-afdeling.

Hanco is tans besig met sy voorbereiding vir vanjaar se kampioenskappe wat in Oktober plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button