Niel Clifford wen sy derde Volksrust Ope

Niel Clifford van Ermelo Gholfklub het Saterdag die Volksrust Ope Gholftoernooi met ’n telling van 142, twee houe onder baansyfer, gewen. Hy het dié kompetisie ook in 2004 en 2005 gewen en ná ’n afwesigheid van nege jaar teruggekeer om die titel weer syne te maak. Sy oorwinning volg ook enkele weke nadat hy as …

Niel Clifford van Ermelo Gholfklub het Saterdag die Volksrust Ope Gholftoernooi met ’n telling van 142, twee houe onder baansyfer, gewen.

Hy het dié kompetisie ook in 2004 en 2005 gewen en ná ’n afwesigheid van nege jaar teruggekeer om die titel weer syne te maak.

Sy oorwinning volg ook enkele weke nadat hy as naaswenner van die 2014 Ermelo Ope Gholftoernooi aangewys is.

Hy het Saterdag gelyke rondes van 71 oor die 36 gaatjies aangeteken vir ’n telling van 142, drie houe voor sy naaste teenstander.

Aan die tuisfront het slegs ’n handjievol spelers aan Saterdag se “Combined Stableford”-kompetisie op die Ermelo Gholfbaan deelgeneem.

Willie Horn en ’n junior speler, Willem van der Merwe, op 75 punte is as wenners aangewys. Willie het ook in ’n skakel-spel (“pivot”) met Marthie Horn saamgespan en die paartjie het die tweede plek ingeneem met 70 punte.

Exit mobile version