Local sportSport

Besigheidsrolballiga eindig op vrolike noot

28 sakeondernemings het die afgelope sewe weke sake in die Ermelo Rolbalklub se besigheidsliga uitgespook. Die top 14 spanne het verlede Dinsdagaand in die eindronde meegeding met die span van Ermelo Vleismark wat as kampioene gekroon is. NWKV het tweede geëindig met Fitment Centre in die derde plek. Die wellewendheidstrofee het aan die span van …

28 sakeondernemings het die afgelope sewe weke sake in die Ermelo Rolbalklub se besigheidsliga uitgespook.

Die top 14 spanne het verlede Dinsdagaand in die eindronde meegeding met die span van Ermelo Vleismark wat as kampioene gekroon is.

NWKV het tweede geëindig met Fitment Centre in die derde plek.

Die wellewendheidstrofee het aan die span van Bekker Brink & Brink gegaan en die Hoëvelder het die agterhoedetrofee gewen. Afgesien van die trofee waarop die koerant se span baie trots is, het hulle ook elk ’n 3m-maatband van Vaino Prinsloo ontvang.

“Dit was vir my soveel kere nodig om te meet waar die Hoëvelder lê dat ek besluit het om vir julle maatbande te gee sodat julle volgende jaar dit sommer self kan doen en my die moeite spaar,” het Vaino gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button