Local sportSport

Brits wen Goedehoop se gholfdag

Spelers geniet gholfdag by Walkerpark Gholfklub.

EVANDER – T. Brits (46 punte) was die wenner van Laerskool Goedehoop se gholfdag wat Saterdag, 8 Februarie by Walkerpark Gholfklub plaasgevind het.

D. Meyer was tweede met 45 punte en P. Murry derde met 43 punte.

Altesaam 122 spelers het aan dié gholfdag deelgeneem en dit is gehou ten bate van Laerskool Goedehoop se 0/13-netbalspan.

Walkerpark Gholfklub bied op 15 Februarie ’n gholfdag aan waarvoor daar nog net beperkte plekke beskikbaar is.

Die klub bied op 22 Februarie ’n gholfdag aan om die bestuurder van die afgelope 11 jaar, mnr. Paul van Heerden, te groet.

Hulle het hul lede genooi om dié dag by te woon en afskeid van mnr. Van Heerden te neem.

Verskeie pryse is op die spel en lede kan ’n maaltyd na afloop van ’n potjie gholf geniet.

Vir meer inligting, skakel mnr. Arno Spangenberg by 082 857 5801.

Related Articles

Back to top button