Local sportSport

Len speel bestendig

Die speler wat aan die einde van die jaar al sy uitklopwedstryde in die uitdaagreeks gewen het, verower die Presidentsbeker.

Len Kleynhans, ’n staatmaker-lid van Ermelo Gholfklub, is ná ’n reeks uitspeelwedstryde verlede jaar die houer van die Presidentsbeker nadat hy Thamie Selbea in die eindronde van die uitdaagreeks geklop het.

Len het ook in 2010 dié prestasie behaal.

Die Presidentsbeker word deur klublede beskou as een van die mees gesogte klubkompetisies om te wen, aangesien die formaat die gholfspelers se bestendigheid op die proef stel.

Die speler wat aan die einde van die jaar al sy uitklopwedstryde in die uitdaagreeks gewen het, verower die Presidentsbeker.

Die beker is in 1974 deur wyle mnr. Sas Lötter aan die klub geskenk.

Eerskomende Saterdag vind ’n Combined Stableford klubkompetisie plaas op die baan plaas.

Spelers word genooi om hul name op die afslaanlys te plaas.

Vir meer besonderhede oor bedrywig-hede by die gholfbaan, toekomstige geborgde dae of om aan te sluit as lid skakel Japie Koegelenberg by 017 811 2550 of maak n draai by die klub.

Related Articles

Back to top button