Local sportSport

Hengelaars lok die grotes kant toe

STANDERTON – By die onlangse kompetisie van Meyerville Hengelklub is 329,6kg se visse aan die lyn gehak met 593 visse wat aan die aas gehap het en kant toe gebring is deur 40 lede en twee besoekers.   Hengelaars het die Vrydag en Saterdag alles in hulle vermoë gedoen het om ‘n vis aan die …

STANDERTON – By die onlangse kompetisie van Meyerville Hengelklub is 329,6kg se visse aan die lyn gehak met 593 visse wat aan die aas gehap het en kant toe gebring is deur 40 lede en twee besoekers.
 
Hengelaars het die Vrydag en Saterdag alles in hulle vermoë gedoen het om ‘n vis aan die lyn te kry.
 
Viskoors is ‘n term wat net ‘n hengelaar verstaan en daarom word daar met sorg geheime moeti’s en dips gemeng om daardie grote te verseker.
 
IMG-20140111-00524web4Meesters, seniors, vroue en juniors het langs die viswater gesit om die swaarste sak visse met inweeg daar te hê.
 
In die meestersafdeling het Piet van der Merwe gewen met 30 visse wat 16,5kg geweeg het.
 
Pikkie Gleeson was tweede met 19 visse wat die skaal op 12,7kg gestop het.
 
In die derde plek was Hannes van Rensburg en sy 19 visse het 12,5kg geweeg, hy het ook die grootste moddervis gelok wat 0,59kg geweeg het.
 
Die weer het in die vissermanne se guns getel en die son het hoog geskyn.
 
Flippie Botha se 75 visse het die skaal laat kreun met hulle 43,140kg, waardeur hy die seniorafdeling gewen het.
 
In die tweede plek was Braam Blignaut (snr.) met 53 visse wat 23,3kg geweeg het, hy het ook die grootste moddervis ingekatrol met ‘n gewig van 1,03kg.
 
Braam Blignaut (jnr). het derde geëindig met 37 visse met ‘n gewig van 19,4kg.
 
Die vroue het nie teruggestaan nie en Jeanette Blignaut het die voortou geneem met 27 visse wat 16,3kg geweeg het, sy het ook die grootste moddervis kant toe gebring, wat 0,38kg geweeg het.
 
Marietjie Toscano was tweede met 23 visse van 12,9kg.
 
In die derde plek het Juriana Oosthuizen met 20 visse van 9,1kg geëindig.
 
Die Blignaut-familie het seker gemaak die visse word ingekatrol en so het Marizaan die juniorafdeling met 19 visse, met ‘n gewig van 8,7kg, gewen.
 
Leandri Myburg het 11 visse gehad wat 5,2kg geweeg het. Derde het Bianca Nortjé geëindig met ses visse met ‘n massa van 4,160kg.
 
Vir navrae kan die voorsitter, mnr. Braam Blignaut, by 076 423 3556 of die sekretaresse, me. Jeanette Blignaut, by 079 040 3563 geskakel word.
 
Die volgende hengelkompetisie vind op 7 en 8 Februarie plaas met hekke wat om 5.15nm open.
 
Almal is welkom om saam te kom hengel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button