LettersOpinion

BRIEF: Inwoners herstel slaggate op Ermelo

Die munisipaliteit behoort die inwoners te vergoed vir die werk wat hulle gedoen het, asook die kerke wat in die verlede die slaggate herstel het.

CK, Ermelo:

Dit is prysenswaardig dat die inwoners van John Vorsterlaan die slaggate in hul straat herstel, hoewel dit die verantwoordelikheid van die munisipaliteit is.

Sover dit my kennis strek, word daar jaarliks ’n aansienlike bedrag in die munisipale begroting vir die herstel van slaggate bewillig.

Hoeveel daarvan bestee is weet ek nie, maar te oordeel volgens die werk wat gedoen is (meeste gate is met grond gevul), behoort die bedrag minimaal te wees.

Die munisipaliteit behoort die inwoners te vergoed vir die werk wat hulle gedoen het, asook die kerke wat in die verlede die slaggate herstel het.

Intussen wag ek om van die munisipaliteit te verneem hoeveel geld vanjaar aan die herstel van slaggate bestee is.

Related Articles

Back to top button