LettersOpinion

SAVF-Huis is dankbaar

Ons bestaansrede is al die donateurs en vrywilligers, oud of jonk. Ons gemeenskap is die voortbestaan van die SAVF-Huis, Ermelo.

Louise van der Merwe namens die bestuur, inwoners en personeel SAVF-Huis, Ermelo:
Aan die einde van 2016 het ons so baie om voor dankbaar te wees.

SAVF-Huis, Ermelo, is ’n welsynsorganisasie wat soos ’n familie optree – ons gee om vir mekaar.

Soos enige familie het ons ook hoogtepunte.

SAVF-Huis, Ermelo, het dié jaar weer vele hoogtepunte gehad met verskeie nuwe uitdagings wat oorkom is. Ons voel egter dat al dié uitdagings ons as ’n organisasie net sterker maak.

Ongelukkig het ons ook hartseer gehad met die afsterwe van geliefdes.

Met ’n sterk bestuurspan en toegewyde kinderkorps is ons opgewonde oor die volgende jaar wat voorlê.

Ons bestaansrede is al die donateurs en vrywilligers, oud of jonk. Ons gemeenskap is die voortbestaan van die SAVF-Huis, Ermelo.

Dit is duidelik dat ons baie het om voor dankbaar te wees en dat dié ’n gepaste tyd is om aan mekaar te sê hoe ons mekaar waardeer en dat ons dankbaar is dat ons verlosser, Jesus Christus, gebore is.

Ons glo almal dat alles wat ons is, deur die Here bepaal word en dat ons maar net instrumente in Sy liefdevolle hande is.
Ons wens aan julle almal is dat julle die beste instrumente sal wees wat julle kan.

Mag 2016 vir julle vol liefde eindig en 2017 net vol vreugde wees.

Julle word waardeer.

Related Articles

Back to top button