Brief: Bethaller waarsku teen diefstal

“Ek is deur skelms in die straat uitoorlê en my handsak is voor my oë uit my voertuig langs my gesteel.”

Dié voorval het Donderdagaand, 6 Oktober oorkant OK op Bethal plaasgevind.

Ek is deur skelms in die straat uitoorlê en my handsak is voor my oë uit my voertuig langs my gesteel.

Dit was die oudste kulkunsie in die boek en ek het daarvoor geval.

My handsak was van egte leer en ek dra dit al langer as 13 jaar saam met my.

Al my bankkaarte, rybewys en nuwe identiteitskaart was daarin, asook my voorskrifsonbril en verskeie ander klein vroulike items.

Ek het uitgewerk dit sou R3 800 kos om alles wat daarin was, te vervang.

Ek was woedend en het in al die asblikke om 7.30nm, net na die voorval, in die onmiddellike omgewing vrou alleen met ’n flits gaan deursoek.

Ek het niks gevind nie en het die voorval by die polisiestasie aangemeld.

Moet darem vir mnr. Blackie Swart dankie sê vir sy hulp daar.

Die volgende oggend baie vroeg is ek na die taxi-staanplek op die dorp om die veld te deursoek.

Twee mans wat daar in ’n “container” woonagtig is, het gevra na wat ek soek.

Ek het hulle ingelig en ’n bedrag aangebied om te help soek.

Toe vertrek ek.

Toe ek na ’n halfuur weer teruggekeer het, is my handsak ongeskonde met al my kaarte, rybewys en identiteitskaart aan my terugbesorg.

My sonbril was verlore, sowel as my knipmes.

Daar was egter ook ’n ekstra stel onbekende sleutels daarin wat nie myne was nie.

Dit is by Bethal Polisiestasie ingehandig.

Omdat ek deur dié voorval persoonlik deur die trauma en woede gegaan het en deur die verlies van diefstal getref is, wil ek vroue en selfs motoriste waarsku om nie deur dieselfde strategie uitoorlê te word nie.

Die gunstelingplekke vir die modus operandi is in die hoofstraat, in die dwarsstraat voor OK en in Jabulane Selepestraat, dit is self deur die “Samaritane” aan my meegedeel.

Ek is seker een van baie min wat so gelukkig was om my handsak met al my kaarte, rybewys en identiteitskaart terug te kon kry.

Ek is dankbaar daarvoor en ek het ’n goeie les daaruit geleer.

Moenie dink dit gebeur net met ander vroue nie, ek is ook een van die “ander vroue”, en dieselfde geld vir alle motoriste.

* Moenie in die aand ry tensy dit ’n noodgeval is nie. Neem ’n ekstra persoon saam as jy kan.

* Moenie as iemand aan jou motor se ruit klop, oopmaak nie. Ignoreer en ry tot op ’n veilige plek en ondersoek dan jou motor.

* As jou motor ’n sentralesluitsisteem het, klim in jou motor, sluit eers al die deure voordat jy enigiets anders doen.

* Sluit jou handsak/waardevolle items agter in die kattebak toe en hou slegs jou selfoon by jou vir noodoproepe.

* Indien jy wel besteel word, moenie so gou moed opgee om dit terug te vind nie. Kry ’n ander persoon, verkieslik manlik, om saam met jou die omgewing te gaan deursoek vir items wat dalk weggegooi is. Die diewe is gewoonlik net agter jou geld, selfoon en/of selfverdedigingswapens wat jy gewoonlik by jou dra, aan.

* Meld dit dadelik by die naaste polisiestasie aan, nie om te dink hulle gaan dit terugkry nie, want hulle het nie die tyd of die personeel vir sulke “petty” diefstalle nie, maar vir al die plekke waar jyweer moet aansoek doen om die verlore kaarte ens. te gaan vervang.

* Kry die verklaring dat die items gesteel is.

* Maak verskeie afskrifte en sertifiseer by die polisiestasie van bewys van woonadres en die verklaring van die polisie van die voorval.

* Neem foto’s vir identiteitskaart en vir rybewys.

* Hoor by die omgewing se mense of hulle inligting het en of hulle jou kan help, voordat jy al die koste en tyd bestee om al jou verlore kaarte te gaan vervang. Dit kan moontlik help soos in my geval.

Vertel jouself elke keer as jy in jou motor klim, dat jy in die nuwe Suid-Afrika bly en dat misdaad ’n besigheid is en jy dalk die volgende klant vir hulle is.

Kondisioneer jouself om dit te weet en sodoende permanent paraat te bly en nie soos ek te vergeet nie.Letichia, Bethal.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version