AfriForum het gemeenskapslede vir hul onophoudelike ondersteuning bedank.
Hulle het die volgende uitgesonder en bedank:
• Verskeie ondernemings wat die afgelope tyd bystand gebied het met borge insluitend Standerton Gas, Die Kliphuis, Standerton Drankwinkel en The Guesthouse.
• Sommige, wat anoniem wil bly, wat baie gehelp met die borg van verf vir die eilande by die Meyerville Brug.
• Nissan Standerton en Engen.
• New Denmark Colliery wat tans ou pompe by die Verblyden Pompstasie met nuwes vervang.
• Die Lekwa Munisipaliteit vir hulle vinnige reaksie op lekkasies wat gerapporteer word deur hulle plaaslike tak.
• Die media wat inligting deurgee sodat hulle kan help om ’n verskil te maak in die gemeenskap.
• Buurtwaglede vir hulle hulp om die gemeenskap te beveilig en taklede wat help.
Indien jy wil betrokke raak by die plaaslike tak, sms jou naam na 45350.
AfriForum, Standerton.